Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut

By die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut bou ons aan 'n toekoms vir ons mense. Ons loop 'n pad met diegene wat 'n verskil in hul eie lewe en ander s'n wil maak. Op dié manier ontwikkel ons gemeenskappe. Ons verander iemand se lewe, 'n gesin se uitkyk, en stadig maar seker die hele samelewing. Een van die beste maniere om gemeenskappe te ontwikkel, is deur opvoeding, opleiding, en ontwikkelingsgeleenthede. Hierdeur kry mense nuwe hoop waar daar geen hoop meer was nie, vaardighede in plaas van 'n gevoel van magteloosheid, moedeloosheid en waardeloosheid.

Elke versorger wat sy of haar plek in die samelewing volstaan, getuig van die verskil wat opleiding in hulle lewe gemaak het. Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut is meer as net 'n opleidingsentrum – dis 'n plek waar drome bewaarheid en doelwitte bereik word en waar studente leer om hul plek in die samelewing roepingsgedrewe vol te staan.

Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand